Amushelelo en Dee se kriminele saak hervat vandag

Die twee omstrede lede van die Namibia Economic Freedom Fighters, Michael Amushelelo en Dimbulukeni Nauyoma, se kriminele saak word vandag voortgesit in die landdroshof in Katutura. Hulle staar verskeie klagte wat aanhitsing tot openbare geweld, betreding en aanranding insluit, in die gesig nadat hulle amok in Chinatown gemaak het. Hulle is op 24 Mei na ‘n formele aansoek borg in die laerhof geweier. Die twee is sedert 12 en 13 Mei in aanhouding. Hulle regsverteenwoordigers het appelleer teen die laerhof se weiering van borg en daardie saak sal môre in die hoërhof voorkom.