Amushelelo beweer Air Namibia-likwidateurs is rassisties

Dit wil voorkom asof die omstrede aktivis, Michael Amushelelo, weer bedrywig is nadat sy saak vir aanhitsing tot geweld voorlopig teruggetrek is. As die stigter van die Black People Economic Emancipation-vereniging, het hy ‘n ope brief aan die likwidateurs van Air Namibia, Dave Bruni en Ian McLaren geskryf en hy soek blykbaar antwoorde oor ‘n bewering dat hulle eerder ‘n laer aanbod van ‘n wit kliënt aanvaar het, as ‘n hoër aanbod van ‘n swart kliënt. Amushelelo sê die twee het tot 24 November om antwoord te gee of hulle sal te doen kry met die vereniging se woede. Amushelelo het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.