Amupanda sê geen tuiswinkels sal in Whk gesluit word nie

Job Amupanda, ‘n raadslid by Stad Windhoek, sê daar is niemand wat tuiswinkels in die hoofstad sal sluit nie. Hy sê die chaos en verwarring by die stadsraad sal oor die komende weke opgelos word. Die stad het onlangs aangekondig dat alle tuiswinkels gesluit sal word en hewige kritiek daarvoor uitgelok. Danny Meyer van SMEs Compete het ook gesê die stad is buite voeling met dit wat op grondvlak aangaan. Talle huishoudings oorleef op winkeltjies wat tuis bedryf word in woonbuurte, beide formeel en informeel, en inwoners maak gebruik van die dienste. Op sy beurt, sê die stad se bestuur dat kommersiële aktiwiteite nie wettiglik in woonbuurte bedryf kan word nie.