Amupanda se AR doen stil-stil aansoek as politieke party

Terwyl die Affirmative Repositioning-beweging reeds, na reuse-uitdagings, ‘n vakbond geregistreer het, het hy nog nooit enige planne aangekondig om as politieke party te registreer nie tot nou toe. Plaaslike media berig dat die party by die Verkiesingskommissie hiervoor aansoek gedoen het en dat die waarnemende hoofverkiesingsbeampte Heidi Jacobs dit bevestig het. Die beweging se leier Job Amupanda het onlangs sy onafhanklike kandidaatskap vir die presidensie aangekondig. Die beweging blyk om stil-stil sy aansoek verlede week by die kommissie ingedien het.