Amsterdam kry ‘n Jodeslagting-gedenkteken

‘n Gedenkteken van die Jodeslagting in die Tweede Wêreldoorlog waarop die name van meer as 102  000 Nederlandse Jode se name gegraveer is, is in Amsterdam ingehuldig. Dit bestaan uit ‘n baksteen-doolhof met spieëlagtige vlekvrye staal bo-op wat die letters vorm van ‘n Hebreeuse woord wat “ter nagedagtenis aan” beteken. Op elke baksteen is ‘n slagoffer se naam gegraveer. Internasionale nuusagentskappe berig baie Nederlandse burgers, asook die polisie en spoorweë, het saam met die Duitse invallers gewerk om Jode bymekaar te maak en na konsentrasiekampe te stuur.