Amptelike syfers toon Nam-selfmoordsyfer nie so hoog nie

Namibië se selfmoordsyfer is toe nie so hoog nie. Nuwe navorsing deur Our World in Data het bevind dat terwyl Suider-Afrika een van die hoogste selfmoordsyfers ter wêreld het, is Namibië nie in die wêreld top-tien nie. Die syfers is voor Covid, in 2019, maar is nou bekend gemaak. In Namibië toon die amptelike syfers selfmoordsterftes van 13,5 per 100 000 mense. Lesotho het die hoogste selfmoordsyfer per 100 000 mense met 87,5 sterftes wat aangeteken is. Eswatini kom derde met 40,5 en Zimbabwe is sewende met 23,6, kort gevolg deur Suid-Afrika met 23,5. Mosambiek is negende met 23,2 sterftes en die Sentraal-Afrikaanse Republiek rond die top-tien af met 23 sterftes.