Amptelike erfenis herdenking lyk so…

Erfenisweek word volgende week vanaf Maandag tot 26 September gevier. Die Nasionale Erfenisraad van Namibië gaan Erfenisweek op verskeie erfenisterreine vier soos onder meer Twyfelfontein, die Verbrande Berg en Orrelpype, die Versteende Woud, Oshikoto-meer, die Hoba-meteoriet, die Eenhana-heiligdom, Omugulugwombashe, die monument by Ondeshifiilwa en die Helde-akker. Beverly van Wyk van die erfenisraad sê aan Kosmos 94.1 Nuus wat die tema vir vanjaar is.