Amper twee-derdes van VSA motorwerkers aanvaar aanbod

Die Verenigde Motorwerkers-vakbond in Amerika sê dat 63 persent van werkers by die Detroit Drie-motorvervaardigers gestem het om nuwe rekord-kontrakte te bekragtig na ‘n ses-weke geteikende staking. Die vakbond vestig nou sy aandag op die organisering van werkers by motoraanlegte in buitelandse besit en Tesla. Die kontrakte sluit in ‘n verhoging van 25 persent in basislone, wat die hoogste lone kumulatief sal verhoog met 33 persent, asook lewenskoste-aanpassings van meer as 42 Amerikaanse dollar per uur. Deeltydse werkers sal nou vas aangestel word met ‘n 150 persent loon-verhoging, en aftree-voordele word ook aansienlik verbeter.