Amper 500 dood in Malawi weens Freddy 

Die Malawiese owerheid het bevestig die tropiese sikloon Freddy het minstens 447 lewens geëis en meer as 362 000 mense ontwortel. Die land se Departement van Rampbestuursaangeleenthede het onthul meer as 900 mense is beseer en 282 word steeds vermis. Die Malawiese president Lazarus Chakwera sê ramptoestande is in die oostelike  distrikte van Zomba en Machinga verklaar. Hy sê ook buitelandse hulp begin die land binnekom om slagoffers te help.