Amoomo verwelkom stappe oor Angolese kinders

Die plaaslike prokureur Kadhila Amoomo, wat die kwessie van die kinders van Angola, wat houtlepels by verkeersligte verkoop na vore gebring het, verwelkom die regering se reaksie op sy ultimatum. Amoomo het vroeër die regering tot die 29ste Februarie gegee om iets aan die saak te doen omdat die kinders kwesbaar is en nie skoolgaan nie. Penda Naanda, uitvoerende direkteur by die ministerie, sê hulle volg die korrekte protokolle deur hulle eweknieë in Angola te betrek. Kosmos 94.1 Nuus het met Amoomo gepraat wat ‘n beroep op belanghebbendes doen om die kwessie ernstig te benader.