Maren en Martha weer in die hof oor sy bates

Die omstrede prokureur Maren de Klerk wat met die Fishrot-skandaal verbind word, se poging om die bevriesingsbevel op sy bates, wat op 2 December 2022 uitgereik is om te keer, kom vandag voor vir ‘n statusverhoor. Die partye het reeds hoof argumente ingedien. Aanklaer-general Martha Imalwa se kantoor het 1,8 miljoen Namibiese dollar in De Klerk se rekening en 4,6 miljoen dollar in sy regsfirma se rekening, gevries. Regter Shafimana Ueitele hoor die saak aan.