Amnestie vir Rusland se gevangenes as hulle in Oekraïne baklei

Gevangenes in Rusland word glo amnestie aangebied in ruil om in Oekraïene te gaan veg aangesien die land sukkel om soldate te werf. Die Kremlin weier om ‘n volskaalse mobilisering aan te kondig en kies volgens berigte geheime werwing, insluitend die gebruik van gevangenes. Daar is berigte van honderde Russiese soldate wat weier om te veg. ‘n Prokureur, Alexei Tabalov, sê daar is ‘n groot aantal mense wat die oorlog wil verlaat en versoeke vanaf soldate om hul kontrakte te beëindig.