Amnestie: Kawana sê dankie

Die Namibiese minister van polisie, Albert Kawana, het alle rolspelers vir ‘n suksesvolle Amnestiemaand bedank. Die Namibiese polisiehoof, luitenant-generaal Sebastian Ndeitunga, het die syfers bekend gemaak van vuurwapens wat tydens Amnestiemaand in September ingehandig is. Altesaam 126 pistole, 97 haelgewere, 22 rewolwers, 327 gewere, een masjiengeweer en 24 334 ammunisie is ingehandig.