Amnestie Internasionaal kap topvervaardigers van Covid-entstof

Amnestie Internasionaal het ses topvervaardigers van die Covid-19-entstof beskuldig dat hulle ‘n ongekende menseregtekrisis aangevuur het. Die vervaardigers het geweier om afstand te doen van intellektuele eiendomsregte soos voorgestel deur Indië en Suid-Afrika, en nie entstoftegnologie bekend gemaak nie. ‘n Verslag getiteld, A Double Dose of Inequality, kritiseer AstraZeneca, BioNTech, Johnson en Johnson, Moderna, Novavax en Pfizer omdat welgestelde state voorgetrek is. Amnestie Internasionaal se sekretaris-generaal, Agnes Callamard, sê Big Pharma se doelbewuste besluit om nie kennis te deel nie, het tot ‘n verwoestende entstoftekort gelei.