Amnestie het groot kommer oor Soedan-chaos

Amnestie Internasionaal het sy kommer uitgespreek oor die toenemende spanning in Sudan. Die land se weermag het beheer oorgeneem tydens ‘n staatsgreep. Invloedryke politici insluitend die eerste minister, Abdalla Hamdok, is in hegtenis geneem, en ‘n noodtoestand afgekondig. Betogings het in verskeie stede, onder andere die hoofstad Khartoem, voorgekom waar burgers die terugkeer na ‘n burgerlike regering geëis het. Amnestie Internasionaal doen ‘n beroep op owerhede in Sudan om menseregte te respekteer. Dit sluit in die reg op lewe, die reg tot vryheid van assosiasie, vryheid van spraak en die vryheid om te vergader.