Amerikaners ondersteun Biden se werk

Volgens die jongste PEW-meningsopname meen 59% van Amerikaners President Joe Biden doen goeie werk na byna 100 dae in die Withuis. Net meer as 70% glo volgens die opname die Amerikaanse president doen uitstekend met die verspreiding van Covid-19 entstowwe. Die meningsopname volg nadat die Biden-administrasie omvattende sanksies teen Rusland ingestel het weens beweerde inmenging by die verkiesing, kuberkrakery en ander skadelike buitelandse aktiwiteite. Die Withuis het in die verklaring gesê die nuwe sanksies toon die VSA sal Rusland op ‘n strategiese en ekonomiese manier straf, indien hy voortgaan met sy destabiliserende internasionale optrede.