Amerikaners het ‘n derde geslag vir paspoorte bygevoeg

Die VSA het sy eerste paspoort met ‘n derde geslag, gemerk as ‘X’, uitgereik. ‘n Veteraan van die Amerikaanse vloot, Dana Zzyym het die paspoort, na ‘n regstryd van ses jaar, ontvang. Die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Antony Blinken het in Junie aangekondig dat ‘n derde geslag by Amerikaanse paspoorte bygevoeg word. Zzyym identifiseer volgens berigte as ‘n nie-binêre geslag, dus, nie manlik of vroulik nie. Die VSA word die vyfde land in die wêreld, saam met Kanada, Duitsland, Australië en Indië om ‘n derde geslag by te voeg.