Amerikaners dood vermeende selfmoord-bomaanvaller

Die VSA het ‘n verdedigende lugaanval in die Afghaanse hoofstad Kabul uitgevoer op ‘n vermeende ISIS-K-motorbom. Dis nie bekend hoeveel mense in die aanval dood of beseer is nie. Dit volg dae na ‘n selfmoordaanval op die lughawe in Kabul waarin meer as 180 mense insluitend 13 Amerikaanse soldate dood is. Die Islamitiese Staat in die Khorasan-provinsie het verantwoordelikheid vir die aanval aanvaar. ‘n Amerikaanse militêre amptenaar het aan media gesê hulle is vol vertroue dat die regte teiken getref is. President Joe Biden het intussen gewaarsku nog ‘n aanval op die lughawe in Kabul is moontlik.