Nog 98 nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig

Die Namibiese gesondheidsministerie het 98 nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig. ‘n Positiewe koers van 10%. Gobabis het 31, Eenhana 14, Windhoek 8 en Rehoboth en Khorixas het elk 6. Die res kom landwyd voor. Daar is steeds 2 520 aktiewe gevalle, met 118 813 wat reeds herstel het uit ‘n kumulatiewe totaal 124 716. Die totale aantal sterftes is tans 3 372. Uit die nuwe gevalle was 77,4% leerlinge. Die herstelkoers is 95%.