Amerikaners bied gratis produk-ontwerp opleiding aan

Die Amerikaanse ambassade in Windhoek bied opleiding in produk-ontwerp en -ontwikkeling vanaf 15 tot 18 Julie aan by die Operahuis, The Village, in Windhoek. Hierdie intensiewe ervarings-opleidingsprogram is gerig op universiteitstudente, entrepreneurs en professionele persone, en is gratis. Dit sal praktiese leer-sessies oor produk-ontwikkeling en ontwerp-tegnieke insluit. Eric Gorman, die programleier van die geleentheid gesels Kosmos 94.1 Nuus.