Amerikaanse wetenskaplike wen tweede Nobelprys vir Chemie

Drie wetenskaplikes is gesamentlik aangewys as wenners van vanjaar se Nobelprys vir Chemie. Carolyn Bertozzi van Amerika, Morten Meldal van Denemarke en die Amerikaanse chemikus, Barry Sharpless, word erken vir die ontwikkeling van nuwe maniere om molekules te heg, insluitend in lewende selle. Dit is die tweede Nobelprys vir die 81-jarige Sharpless nadat hy ook die gesogte toekenning in 2001 gewen het. Dit is die derde Nobelprys wat hierdie week aangekondig word, met drie wat gaan volg: Letterkunde môre, Vrede word Vrydag aangekondig en Ekonomiese Wetenskap Maandag.