Amerikaanse senaat keur aanpassings aan wapenwet goed

Die Amerikaanse senaat het sy eerste tweeparty-wapenhervormingswetsontwerp in byna 30 jaar goedgekeur. Daar word berig die wetsontwerp sluit strenger agtergrond-ondersoeke in vir kopers jonger as 21 jaar, asook sowat 239 miljard Namibiese dollar in federale befondsing vir geestesgesondheidsprogramme en opknapping van veiligheid by skole. Dit doen ook ‘n beroep op befondsing om state aan te moedig om wette in te stel wat toelaat dat vuurwapens verwyder word van mense wat as ‘n bedreiging beskou word. Die Demokratiese senator, Chris Murphy, sê die wetsontwerp sal verseker dat Amerikaners veiliger is: