Amerikaanse rentekoers gaan (weer) op

Daar word verwag dat die Amerikaanse Federale Reserwebank vandag sy sleutelrentekoers met 75 basispunte sal verhoog in ‘n poging om inflasie te bekamp. Die verwagte verhoging sal die Amerikaanse sentrale bank se koers tot 2.4% bring en sal die vinnigste opwaartse aanpassing ooit in die Amerikaanse monetêre beleidsgekiedenis verteenwoordig. Net meer as vier maande gelede was die koers naby nul.