Amerikaanse polisie sal moorde deeglik ondersoek – ANC

Die Suid-Afrikaanse regering het volgens berigte aangebied om die liggaam van ‘n man van KwaZulu-Natal na die land terug te bring nadat hy verlede week in Hawaii deur die polisie doodgeskiet is. Die 29-jarige Lindani Myeni is tydens ‘n onderonsie met die polisie in Honolulu noodlottig gewond. ‘n Skarebefondsingsveldtog om sy liggaam terug te bring, het teen gistermiddag reeds meer as 270 000 Namibiese doller ingesamel. Die Woordvoerder van die ANC sê die party het volle vertroue in die Amerikaanse polisie om die saak deeglik te ondersoek.