Amerikaanse plaaswerkers lei onder plaagdoders

‘n Nuwe studie deur Amerika se sentrum vir biologiese diversiteit het bevind strukturele onreg, gapings in regulasies en swak beskerming vir plaaswerkers stel mense van kleur in dié land meer bloot aan plaagdoders. Sowat 90 persent van plaagdoders in Amerika word in landbou gebruik wat plaaswerkers, waarvan 83 persent sê hulle is Spaans-Amerikaans, blootstel aan sintetiese chemikalieë wat plae afweer of doodmaak.