Amerikaanse jurie bevind Steve Bannon skuldig

ʼn Amerikaanse jurie het Donald Trump se voormalige strateeg, Steve Bannon, skuldig bevind aan minagting van die kongres. Die 68-jarige Bannon is verlede jaar aangekla oor sy weiering om saam te werk met die kongreskomitee wat ondersoek instel na die gebeure wat aanleiding gegee het tot die oproer by die Kongresgebou. Die voormalige hoofstrateeg van die Withuis was na bewering ʼn nie-amptelike adviseur vir Trump tydens die opstand van 6 Januarie 2021. Hy kan tot twee jaar tronkstraf en ʼn boete van ongeveer 3,367 miljoen Amerikaanse dollar opgelê word. Hy word op 21 Oktober gevonnis.