Amerikaanse dollar verswak, resessie moontlik

Die Suid-Afrikaanse rand en Namibiese dollar verhandel die afgelope paar dae baie goed teen die Amerikaanse geldeenheid en het Donderdag op ‘n stadium teen 15 Namibiese dollar en 9 sent verhandel. Vandag is dit rondom vlakke van 15,11 en 15,14. Volgens die Suid-Afrikaanse ekonoom Chris Hart, is die Amerikaanse dollar besig om te verswak en dit wil voorkom asof daardie land in ‘n resessie in beweeg.