Amerikaanse dollar is sterk, tendens sal voortduur

Suid-Afrika se rand was Maandag swakker in vroeë handel, aangesien die Amerikaanse dollar ‘n nuwe hoogtepunt van vyf weke bereik het. Die rand het teen sowat 17,06 teenoor die Amerikaanse geldeenheid, 0,34 persent swakker as sy vorige sluitingm verhandel. Vanoggend verhandel die rand teen net onder 17 teen die Amerikaanse dollar. Chris Hart, ‘n ekonoom in Suid-Afrika, sê die onsekerheid dryf beleggers na die veiliger Amerikaanse dollar.