Amerikaanse damme daal tot rekord-vlakke

Oormatige verbruik en die klimaatskrisis het ‘n katastrofiese uitwerking op twee van die grootste opgaardamme in Amerika. Dit is volgens die Verenigde Nasies se omgewingsprogram. Die Mead-meer in Nevada en Arizona, en Powell-meer in Utah en Arizona, is tans op hulle laagste vlakke ooit. Die VN waarsku die twee opgaardamme loop die gevaar om sogenaamde dooie watermassas te word. Dit beteken die watervlak is so laag dat dit nie meer stroomaf vloei en hidro-elektriese aanlegte kan aandryf nie.