Amerikaanse ambassade se DREAMS-projek help vroue

Volgens die 2018 Arbeidsmag-opname het Namibië se werkloosheidskoers op 33,4 persent gestaan met ‘n jeugwerkloosheidskoers van 46,1 persent, die gemiddeld van 43 persent werklose jong mans en 48,5 persent werklose jong vroue. Die Amerikaanse ambassade in Namibië se DREAMS-program bied finansiële geletterdheidsopvoeding, vaardighede-, beroeps- en entrepreneurskaps-opleiding, sowel as hulp met beginner-besighede vir vroue-entrepreneurs. Sedert 2021 het die program meer as 560 meisies en jong vroue ondersteun om beroepsopleiding te voltooi. Altesaam 245 vroue het met internskappe begin en 148 is met ‘n nuwe entrepreneurskap voorsien.