Amerika vra vir skietstaking in Soedan
Amerika het gevra vir ‘n skietstaking in Soedan waar gevegte in die hoofstad, Khartoem vir die derde dag voortduur. Amerika se versoek volg kort op die Arabiese Bond se noodvergadering met Arabiese leiers in Kaïro in Egipte. Soedan se verteenwoordiger by die vergadering, Al-Sadiq Omar Abdullah het gesê die skielike konflik is vreemd omdat die paramilitêre mag, die RSF, en die weermag nog altyd aan dieselfde kant was en albei deel is van die soewereine oorgangsraad. ‘n Mediese aktivistegroep beraam dat meer as 100 mense sedert Saterdag dood en honderde beseer is.