Amerika vergader met leiers van Israel, Palestina

Die Amerikaanse minister van buitelandse sake Antony Blinken het met beide die Palestynse president, Mahmoud Abbas en die Israelse premier, Benjamin Netanyahu ontmoet tydens ‘n besoek wat beskryf is as ‘n poging om die skietstilstand te onderskraag. Die Amerikaanse president, Joe Biden, het vroeër weer ‘n beroep vir ‘n twee-staat oplossing gedoen. Internasionale nuusagentskappe berig dat Blinken die Amerikaanse kongres sal vra vir 75 miljoen Amerikaanse doller in bystand vir Palestina. Infrastruktuur is in die 11-dag oorlog verwoes met net minder as 250 Palestyne wat dood is in die aanvalle.