Amerika sien reuse-potensiaal in Namibiese ekonomie

Daar is reuse-potensiaal in Namibië se mense en sy ekonomie, veral herwinbare energie, het Akunna Cook, ‘n senior amptenaar van die Amerikaanse staatsdepartement, gesê. Verteenwoordigers van verskeie groot Amerikaanse maatskappye het besoek aan Namibië gebring om beleggings- en kommersiële geleenthede in die land te ondersoek. Cook het die afvaardiging gelei wat amptenare van die Amerikaanse Departement van Handel, Power Africa en die Amerikaanse Kamer van Koophandel in Suid-Afrika insluit, wat met verskeie ministeries, maatskappye en entrepreneurs vergader het. Die woordvoerder van die Amerikaanse ambassade, Walter Parrs, gee terugvoering.