Amerika het nuwe leierskap nodig – Pence oor Trump in ’24

Die voormalige vise-president van die VSA, Mike Pence het by CNN aangesluit vir die nuusagentskap se bekende Town Hall-geleenthede. Hy het met Jake Tapper gesels oor verskeie onderwerpe insluitend die gebeure van 6 Januarie toe die oproeriges hom wou hang as gevolg van aanmerkings deur sy president, Donald Trump, wat wou gehad het dat Pence nie Biden sertifiseer as die wenner van die 2020-verkiesings nie. Tapper het aan Pence gevra of hy Trump as presidentskandidaat vir 2024 sal ondersteun…