Am glo Haaie gaan presteer

Rugby: Die Springbok-agterspeler Lukhanyo Am sê die Haaie sal in die maande wat volg ʼn gevaarlike span in die Verenigde Rugbykampioenskap wees, al het hulle al vyf hulle eerste wedstryde in die huidige seisoen verloor. Die meeste van die Durbanse span se Wêreldbeker-wenners is beskikbaar vir Saterdag se wedstryd in Durban teen die Walliese span Dragons. Eben Etzebeth, Ox Nché, Jaden Hendrikse, Grant Williams en Makazole Mapimpi is terug by hulle klub, terwyl Bongi Mbonambi en Vincent Koch langtermyn-beserings opgedoen het. Am is oortuig die wedstryd teen die Dragons kan die keerpunt wees.