Alweendo sê populistiese leiers buit Namibiërs uit

Die Namibiese minister van myne en energie Tom Alweendo sê een van die beduidende uitdagings van die 21ste eeu is ongelykheid. Volgens hom glo die minderbevoorregtes, wat die meerderheid van die bevolking uitmaak, dat die land se leierskap of die kwessie nie kan, of wil, aanspreek nie. In sy mening begin populistiese leiers die siening uitbuit vir hulle eie doelwitte. Alweendo sê hierdie leiers gebruik dan standpunte wat aanklank vind by die armes se siening eerder as wat dit gebaseer is op rasionele denke. Populistiese leierskap is volgens hom geen oplossing nie en kan nie die behoeftes van die bevolking aanspreek nie. Kritiese denke is nodig met ‘n pragmatiese aanslag.