Alweendo lig verbod op litiumertsuitvoere, vir nou

Die Namibiese ministerie van myne en energie het die verbod op litiumertsuitvoere deur die Chinese firma Xinfeng tydelik opgehef om die maatskappy in staat te stel om kontraktuele verpligtinge na te kom. Dit sal tot 29 November toegelaat word. Dit kom nadat die minister Tom Alweendo, in Oktober Xinfeng Investment tydelik verbied het om litiumerts na China uit te voer totdat ondersoeke afgehandel is. Dit het gevolg op berigte dat Xinfeng tonne litiumerts in vragmotors van die Uis-gebied na Walvisbaai vervoer wat vir China bestem is onder die dekmantel van laboratoriumtoetsing, wat komponente van die erts sal bepaal. Maar, Xinfeng het ‘n aanleg in China wat litiumerts gebruik om glas en keramiek te vervaardig. Namport het in September gesê hy het reeds 25 000 ton litiumerts vir Xinfeng verskeep met nog 50 000 wat vervoer moet word.