Alweendo: Korrupsie van politici is ‘n doring in die vlees

Die minister van myne en energie Tom Alweendo het die noodsaaklikheid van politici beklemtoon om korrupsie in die bestuur van natuurlike hulpbronne te verminder. Dit is om te verseker dat waardeskepping in die land gewone burgers bereik. Alweendo het vandag by die opening van die toesigwerkswinkel oor die potensiaal van die mynbou- en energiesektore in Namibië in Swakopmund ’n beroep op staatsamptenare gedoen om billik en deursigtig te wees. Dit moet veral geskied met hul indiensnemings-prosedures, verkrygingsprosesse en in die uitoefening van toesig oor beleidsimplementering. Hy sê korrupsie, veral waar staatsamptenare private winste verkry, is van die praktiese uitdagings wat die doeltreffende bestuur van ons natuurlike hulpbronne kan ontspoor.