Altesaam 55 renosters, twee olifante in Namibië gestroop

Die Namibiese omgewingsminister Pohamba Shifeta sê 55 renosters is tot dusver vanjaar in die land gestroop teenoor die 44 renosters wat verlede jaar gestroop is. Altesaam 36 mense is vanjaar vir renoster-verwante sake in hegtenis geneem, vergeleke met 80 in 2021. Wat olifante betref, is slegs twee tot dusver vanjaar gestroop, vergeleke met agt olifante in 2021. Altesaam 58 mense is vanjaar vir olifant-verwante sake gearresteer, vergeleke met die 98 in 2021.