Altesaam 53 160 Khomas-inwoners ingeënt

Die goewerneur van die Khomas-streek Laura McLeod-Katjirua het vandag die Covid-inentingsveldtog in Windhoek van stapel gestuur. Sy het gesê sedert die Covid-pandemie uitgebreek het, is altesaam 862 mense in die Khomas-streek aan die virus dood. Die goewerneur sê 60 persent inwoners moet ingeënt word voor kudde-immuniteit bereik kan word. Altesaam 53 160 inwoners in die streek is ten volle ingeënt en daar is 46 inentingspersele.