Altesaam 48 renosters in Namibië in gestroop

Die aantal gestroopte renosters in Namibië in 2022 het tot altesaam 48 gestyg, het die Namibiese omgewingsministerie bevestig. Dit sluit die drie karkasse in wat in Junie in die Etosha Nasionale Park ontdek is. Nóg twee karkasse is in die loop van verlede week ontdek, wat die totaal karkasse in Etosha op 20 te staan bring. Altesaam 12 swartrenosters is op bewaarders-plase gestroop en 16 witrenosters op private plase. Altesaam 32 swartrenosters en 16 witrenosters is gestroop.