Altesaam 198 sake in drie maande in Wes-Kaapse howe teruggetrek

Die Wes-Kaapse LUR vir polisie-oorsig en gemeenskapsveiligheid, Reagen Allen, sê tussen 1 April en 30 Junie is 198 sake in die howe teruggetrek weens die polisie se ondoeltreffendheid. Allen sê statistieke in die kwartaalverslag van die departement van gemeenskapsveiligheid se span wat sake in die howe volg, dui daarop dat dié sake nooit deur die reg getoets sal word nie. Allen sê die enigste manier om vertroue in die polisie te herstel, is om hulle met die tersaaklike hulpbronne en vaardighede te bemagtig om sake te kan deurvoer.