Almal wag steeds vir Trump se arrestasie

Nege dae nadat Donald Trump aangekondig het dat hy in hegtenis geneem gaan word oor ‘n betaling aan ‘n pornoster, Stormy Daniels, wag die wêreld steeds. Die voormalige Amerikaanse president, het dit geblyk, het slegte inligting gehad of was bloot aan die raai, en sy ewe ongegronde bewering ‘n week later dat die saak heeltemal laat vaar is, is ook met ongeloof begroet. Die aanklaers gaan dalk nie op Trump se maat marsjeer nie, maar regsontleders verwag werklik dat die 76-jarige nou enige dag sy Miranda-regte gelees sal word. ’n Groot jurie het Maandag weer in Manhattan byeengekom en getuienis aangehoor.