Namibiërs wag in spanning vir brandstofprys-aankondiging

Die brandstofprys-aanpassing in Namibië sal binnekort gedoen word, maar die ministerie van myne en het nog nie aangedui wanneer hierdie aankondiging gemaak sal word nie. Andreas Simon, skakelbeampte van die ministerie, sê aan Kosmos 94.1 Nuus daar word nog op goedkeuring van die minister gewag.