Almal wag in spanning vir Boris…

Brittanje wag in spanning vir ‘n aankondiging van premier Boris Johnson dat hy sal bedank. Downingstraat 10 het ‘n kennisgewing uitgestuur dat Johnson vandag ‘n verklaring aan die Britse publiek sal doen maar, geen tyd is verskaf nie. Meer as 50 van sy party- en kabinetslede het sedert gister bedank. Chris Philp, die minister van tegnologie en ‘n digitale ekonomie het ook vanoggend bedank. Hy het sy redes daarvoor so uiteengesit.