Almal soek vir Saara, sy voer politieke veldtog

Die sogenaamde kinders van die vryheidstryd is ook, nes die gemeenskappe op Okahandja wat grondlewering eis, op soek na die eerste minister, Saara Kuugongelwa Amadhila. Die premier is tans besig met ‘n uitgebreide besoek aan streke in die land in ‘n poging om as vise-president van Swapo verkies te word. Sy het vanaf die Otjozondjupa-streek gereis na Karas waar sy tans is. Ingevolge die heersende wetgewing en omdat sy ‘n senior regeringsamptenaar is, is dit wettig vir haar om haar amptelike voertuig en meer te gebruik vir die party-veldtog. Intussen sê die groep kinders van die vryheidstryd dat hulle antwoorde eis op wat hulle toekom. Die eise kom na die oud-ombud, advokaat John Walters, daarin geslaag het om ‘n hofbevel te bekom wat verhoed dat die regering voorkeur aanstellings aan die groep gee.