Almal in Wuhan word vir Covid getoets

Die Chinese stad Wuhan gaan al sy inwoners vir Covid-19 toets nadat gevalle van die siekte vir die eerste keer ná meer as ‘n jaar aangemeld is. Sewe gevalle waar die virus in die stad oorgedra is, is onder migrasiewerkers gediagnoseer. Wuhan het ‘n bevolking van 11 miljoen mense. In China is 61 nuwe gevalle aangemeld as gevolg van die snelverspreidende Delta-variant. ‘n Verdoemende verslag het vroeër daarop gedui dat die virus moontlik in September 2019 uit ‘n laboratorium by ‘n virologie-instituut in Wuhan gelek het.