Inenting skiet op in Gauteng

Gauteng se Departement van Gesondheid sê hy is verheug oor inwoners se positiewe reaksie op die besluit om mense ook oor naweke teen Covid-19 in te ent. Die provinsiale regering het die aantal openbare inentingspersele sedert die naweek van vier tot 17 verhoog. Die meeste hiervan is in die Tshwane-gebied, waar nege terreine bedryf word. Motalatale Modiba van die departement sê hulle is ook verheug dat meer as ‘n miljoen mense in Julie in die provinsie ingeënt is: