Alles is in plek vir Swakop se tussenverkiesing

Die Namibiese Verkiesingskommissie is gereed om die tussenverkiesing op Swakopmund te hou. Dit vind op 12 Augustus plaas. Die verkiesing is genoodsaak deur die afdanking van Ciske Smith-Howard deur haar party,die Independent Patriots for Change. Lina Ndengu, woordvoerder by die kommissie het meer.