Alles is gereed vir wyle FW de Klerk se staatsgedenkdiens Sondag

Suid-Afrika se Nasionale Gesamentlike Operasionele en Intelligensiestruktuur sê hy is tevrede met die toestand van die gereedheid en paraatheid van alle wetstoepassingsagentskappe vir oudpresident FW de Klerk se amptelike staatsgedenkdiens. Die 85-jarige het verlede maand ná ‘n lang stryd met kanker gesterf. Die polisiewoorder, Athlenda Mathe, sê hulle is tevrede met alle sekerheidsplanne, roete-sekerheid en toegangsbeheer van al die betrokke departemente vir die diens wat Sondag in die Groote Kerk in Kaapstad plaasvind.